Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.
Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig.