En toe hulle geland het, sien hulle 'n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.
En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.
'n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, 'n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is;
Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.
En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.
En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis
Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.
en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?
Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.
Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi 'n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy 'n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.
Ook die Tiriërs wat daar gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop.
En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;