"vierkantig"
14 keer in AFR53
Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte--vierkantig moet die altaar wees--en drie el sy hoogte.
'n El moet sy lengte wees en 'n el sy breedte--vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; 'n el was sy lengte en 'n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.
Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.
Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte, dubbel gevou was dit.
Die deurposte van die hoofvertrek was vierkantig; en die voorkant van die heiligdom het dieselfde voorkoms gehad.
Die hele offergawe moet wees vyf en twintig duisend el by vyf en twintig duisend--vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.
En al die deure met die vensters was vierkantig van houtwerk, en venster was teenoor venster, drie maal.