Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?
die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
die groot versoekinge wat jou oë gesien het, dié groot tekens en wonders.
En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.
Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,