Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.
En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.
Daarom sê Hy ook op 'n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.
Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,
maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.
want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.