Skip to Content

"verdelg"

105 keer in AFR53

Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.

En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.

En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.

Want kyk, Ék bring 'n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.

Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak het, van die aarde verdelg.

So is dan al die lewende wesens verdelg wat op die aarde was, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; hulle is verdelg van die aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die ark was.

dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.

dan sou jou nakomelinge gewees het soos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie!

Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het my ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land, die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek 'n klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.

Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;

Die mooie en die verwénde verdelg Ek--die dogter van Sion.

En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek die HERE. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.

En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal 'n afsku van julle hê.

'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete--maar die HERE het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;

soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.

Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.

En julle het in jul tente gemurmureer en gesê: Omdat die HERE ons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.

Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.

En Moab sal verdelg word, dat hy geen volk meer is nie, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE.

Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.

U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelg van onder die hemel van die HERE uit.

Julle oë het gesien wat die HERE weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die HERE jou God onder jou uit verdelg.

dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word.

want die HERE jou God is 'n jaloerse God by jou--sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.

want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.

Maar die HERE jou God sal hulle aan jou oorgee en hulle in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word.

Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die hemel kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie.

Ja, by Horeb het julle die HERE vertoorn, sodat die HERE toornig was op julle om julle te verdelg.

Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle naam onder die hemel uitdelg; en Ek sal jou 'n nasie maak wat magtiger is en meer as hulle.

Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die HERE op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die HERE het my dié keer ook verhoor.

Ook was die HERE baie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.

En ek het neergeval voor die aangesig van die HERE, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat die HERE gesê het dat Hy julle wou verdelg.

neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? --dat ek ook so kan doen.

Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.

Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;

sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.

En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.

Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

Die HERE jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oor soos die HERE gespreek het.

En die HERE sal met hulle doen soos Hy met Sihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het, wat Hy verdelg het;

Die ewige God is 'n woning, en onder--ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!

En as die profeet hom laat verlei om 'n woord te spreek--Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.

En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self 'n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.

Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die HERE u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.

En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle dié verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.

Want die HERE het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat dié hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat dié hulle sou verdelg, soos die HERE Moses beveel het.

Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.

Daarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.

Maar my oog het hulle verskoon, sodat Ek hulle nie verdelg het nie en geen einde aan hulle gemaak het in die woestyn nie.

daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek die HERE is.

Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde--die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.

Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.

Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit Benjamin verdelg.

hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?

En kyk, toe staan die hele geslag op teen u dienares, en hulle sê: Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my man geen naam of oorblyfsel op die aardbodem te laat bly nie.

En sy sê: Laat die koning tog dink aan die HERE u God, sodat die bloedwreker nie te veel vernieling aanrig en hulle my seun nie verdelg nie. Toe sê hy: So waar as die HERE leef, nie een haar van jou seun sal op die grond val nie!

En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan--

Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.

Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.

Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.

En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!

En tog het Ék die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.

En hierdeur was daar sonde vir die huis van Jeróbeam, en wel om dit te verdelg en uit te roei van die aarde af.

En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ahía, die Siloniet--

So het Simri dan die hele huis van Baésa verdelg volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het oor Baésa deur die diens van die profeet Jehu,

En toe hy in Samaría aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samaría oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die HERE wat Hy tot Elía gespreek het.

So het Jehu dan Baäl uit Israel uit verdelg.

Kyk, die oë van die Here HERE is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die HERE.

Sal Ek nie in dié dag, spreek die HERE, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?

Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek laat jou strydwaens in rook opgaan; en die swaard sal jou jong leeus verslind, en Ek sal jou roof van die aarde verdelg; en die stem van jou gesante sal nie meer gehoor word nie.

Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne--Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.

En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander.

Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.

Toe stuur die HERE die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon--Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.

Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer.

Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg.

En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en die mense van die gebergte Seïr, onder wie U Israel nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie.

Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.

stuur die HERE 'n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.

Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.

Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg.

As die koning dit goedvind, laat daar dan geskrywe word om hulle te verdelg, en ek sal tien duisend talente silwer afweeg in die hande van die beamptes om dit by die skatte van die koning te voeg.

En briewe is gestuur met die hardlopers na al die provinsies van die koning om al die Jode te verdelg, dood te maak en uit te roei, die seun sowel as die grysaard, die kindertjies en die vroue, op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar, en om hulle besittings as buit te plunder.

En hy het hom 'n afskrif gegee van die bevelskrif wat in Susan uitgevaardig was om hulle te verdelg, sodat hy dit aan Ester kon wys en haar die saak kon meedeel en haar kon opdra om na die koning te gaan om hom genade te vra en by hom 'n voorspraak te wees vir haar volk.

Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word. Was ons nog as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek geswyg het, maar hierdie ramp sal onder die verliese van die koning sy weerga nie hê nie.

dat die koning aan die Jode wat in elke stad woon, toegestaan het om bymekaar te kom en hulle lewe te verdedig, deur te verdelg en dood te maak en uit te roei elke gewapende mag van volk of provinsie wat hulle in benoudheid mag bring, saam met kindertjies en vroue, en hulle besittings as buit te plunder,

Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?

Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.

en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.

Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, en dikwels wend Hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.

hulle is verdelg by Endor, hulle het mis geword vir die grond.

as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.

En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.

Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.

Hulle het die volke nie verdelg soos die HERE aan hulle gesê het nie,

en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!

Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.

Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.

Maar hy bedoel dit nie so nie, en sy hart dink nie so nie; maar om te verdelg, is in sy hart, en om nasies uit te roei, nie min nie.

en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,