Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?
As die tyding na Egipte kom, beef hulle daar van angs by die tyding aangaande Tirus.
Maar die HERE is waarlik God, Hy is die lewende God en 'n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie--
Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
Laat ons dan nou 'n verbond met onse God sluit om al die vroue en wat uit hulle gebore is, weg te stuur volgens die raad van my heer en van die wat beef vir die gebod van onse God, en laat volgens die wet gehandel word.
Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.
Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,