"ussi"
11 keer in AFR53
En die seuns van Tola was: Ussi en Refája en Jériël en Jágmai en Jibsam en Samuel, hoofde van hulle families, van Tola, dapper helde. Volgens hulle afstamming was hulle aantal in die dae van Dawid twee en twintig duisend ses honderd.
En die seuns van Ussi was Jisrágja; en die seuns van Jisrágja was: Mígael en Obádja en Joël, Jissía, vyf, almal hoofde.
En die seuns van Bela was: Esbon en Ussi en Ussiël en Jérimot en Iri, vyf hoofde van families, dapper helde; en hulle geslagsregister het getel: twee en twintig duisend vier en dertig.
en Jíbneja, die seun van Jeróham, en Ela, die seun van Ussi, die seun van Migri, en Mesúllam, die seun van Sefátja, die seun van Rehúel, die seun van Jíbneja;