En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
Toe het al die vorste by Jeremia gekom en hom uitgevra; en hy het aan hulle mededeling gedoen volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het. Toe het hulle hom met rus gelaat; want die saak het nie bekend geword nie.
Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;
Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.