Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.
en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,
'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.
Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.
Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,