"tekóa"
9 keer in AFR53
Vlug, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit; en blaas die basuin in Tekóa, en hef 'n vuurteken op bo Bet-Hakkérem; want onheil dreig uit die Noorde en groot verwoesting.
het Joab na Tekóa gestuur en daarvandaan 'n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos 'n vrou wat al baie dae rou oor 'n dode.
En die vrou uit Tekóa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning!
Daarop sê die vrou uit Tekóa aan die koning: Op my, my heer die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig.
Die woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Ussía, koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.