Skip to Content

"tabor"

12 keer in AFR53

So waar as Ek leef, spreek die Koning, wie se Naam is HERE van die leërskare, daar sal sekerlik een kom soos Tabor onder die berge en soos Karmel by die see.

en van Sarid af swaai dit na die oostekant, teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Daberat en loop op na Jáfia;

en die lyn raak aan Tabor en Sahasíma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe.

dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;

Toe laat sy Barak, die seun van Abinóam, uit Kedes in Náftali, roep en sê vir hom: Het die HERE, die God van Israel, nie bevel gegee nie: Gaan, trek na die berg Tabor, en neem tien duisend man van die kinders van Náftali en van die kinders van Sébulon met jou saam?

En toe hulle aan Sísera berig bring dat Barak, die seun van Abinóam, na die berg Tabor opgetrek het,

Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop die HERE Sísera in jou hand gee. Trek die HERE nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tien duisend man agter hom aan.

En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.

Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, na Bet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra 'n sak wyn.

Hoor dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle vir Mispa 'n vangnet geword het en 'n uitgespreide net op Tabor.

Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld;

Die noorde en die suide- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.