Skip to Content

"spelonke"

6 keer in AFR53

Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee--

So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe.

Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood is--want die volk was in die noute gedruk--het die volk weggekruip in die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die kuile.

En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

die wêreld was hulle nie werd nie--hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.

en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,