Skip to Content

"sot"

9 keer in AFR53

Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,

In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.

Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.

Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.

Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.

Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.