Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?
Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
Want hulle vorste is in Soan, en hulle boodskappers het in Hanes aangekom;
hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.
En Ek sal Patros verwoes en 'n vuur werp in Soan en strafgerigte voltrek in No.
Voor hulle vaders het Hy wonders gedoen, in die land Egipte, die veld van Soan.
toe Hy sy tekens gedoen het in Egipte en sy wonders in die veld van Soan.