Skip to Content

"skottel"

18 keer in AFR53

En neem 'n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.

elke skottel honderd en dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was twee duisend vier honderd volgens die sikkel van die heiligdom--

Nebukadrésar, die koning van Babel, het my opgeëet, my vernietig; hy het my neergesit soos 'n leë skottel; hy het my verslind soos 'n draak; hy het sy buik met my lekkernye gevul; hy het my weggestoot.

En neem jy vir jou koring en gars en boontjies en lensies en broodmanna en spelt, en gooi dit in een skottel, en maak vir jou daarvan brood; volgens die getal dae dat jy op jou sy lê, drie honderd en negentig dae, moet jy daarvan eet.

Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.

en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel: alles wat die vurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die Israeliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het.

En hy antwoord: Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.

En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos 'n mens 'n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.

Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op 'n skottel die hoof van Johannes die Doper.

Sy hoof is toe op 'n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.

En dadelik gaan sy haastig in na die koning en vra en sê: Ek wil hê dat u my op die daad die hoof van Johannes die Doper op 'n skottel gee.

en sy hoof op 'n skottel gebring en dit aan die meisie gegee, en die meisie het dit aan haar moeder gegee.

En Hy antwoord en sê vir hulle: Dit is een van die twaalf wat saam met My sy hand in die skottel insteek.

Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.

Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.