Skip to Content

"skeibrief"

7 keer in AFR53

So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.

En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

As 'n man 'n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,

en dié laaste man haar haat en haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het--

Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar 'n skeibrief gee.

Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om 'n skeibrief te gee en van haar te skei?

En hulle sê: Moses het toegelaat om 'n skeibrief te skrywe en van haar te skei.