Skip to Content

"skatkamers"

22 keer in AFR53

En Hiskía was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.

En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Hulle het alles gesien wat in my huis is; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.

Is dit nie by My opgegaar, in my skatkamers verseël nie?

Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

En toe al die werk wat koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, gereed was, het Salomo die geheiligde gawes van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van die HERE neergesit.

Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur na Bénhadad, die seun van Tabrímmon, die seun van Hésjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die HERE se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.

En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría.

Tegelykertyd neem Agas die silwer en die goud wat te vinde was in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as 'n geskenk aan die koning van Assirië.

En Hiskía het al die silwer gegee wat in die huis van die HERE te vinde was en in die skatkamers van die huis van die koning.

En Hiskía het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.

En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.

En Dawid het aan sy seun Salomo 'n voorbeeld gegee van die voorportaal en die daarby behorende geboue, van sy skatkamers en sy bovertrekke en sy binnevertrekke en van die vertrek van die versoendeksel;

en 'n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;

Toe al die werk gereed was wat Salomo vir die huis van die HERE gedoen het, het Salomo die heilige gawes van sy vader Dawid ingebring, die silwer sowel as die goud, en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van God neergesit.

En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.

Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die HERE en van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

En Jehiskía het buitengewoon baie rykdom en eer besit en vir hom skatkamers gemaak vir silwer en goud en edelgesteentes en vir speserye en skilde en allerhande kosbare voorwerpe;

Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,

Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.

Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;

om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.