En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.
En Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.
En tussen die bo-kamer op die Hoek en die Skaapspoort het die goudsmede en die koopmans herstel.
verder by die Efraimspoort langs en die Ou Poort en die Vispoort en die toring Hanáneël en die toring Hamméa tot by die Skaapspoort; en hulle het bly staan by die Gevangenispoort.