Skip to Content

"simri"

17 keer in AFR53

en Sisa, die seun van Sífeï, die seun van Allon, die seun van Jedája, die seun van Simri, die seun van Semája--

en al die konings van Simri en al die konings van Elam en al die konings van Médië;

En die naam van die Israelitiese man wat verslaan is, wat saam met die Midianitiese vrou verslaan is, was Simri, die seun van Salu, owerste van 'n familie van die Simeoniete.

Maar sy dienaar Simri, die owerste oor die helfte van die strydwaens, het 'n sameswering teen hom gesmee: terwyl hy hom dronk gedrink het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die paleis in Tirsa was,

het Simri ingekom en hom verslaan en hom gedood in die sewe en twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het in sy plek koning geword.

So het Simri dan die hele huis van Baésa verdelg volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het oor Baésa deur die diens van die profeet Jehu,

In die sewe en twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, was Simri sewe dae lank koning in Tirsa, terwyl die manskappe Gíbbeton beleër wat aan die Filistyne behoort het.

En toe die manskappe wat beleër, hoor sê: Simri het 'n sameswering gesmee en ook die koning doodgeslaan, het die hele Israel Omri, die leërowerste, koning gemaak oor Israel, dieselfde dag in die laer.

Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het,

En die verdere geskiedenis van Simri en sy sameswering wat hy gesmee het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer?

En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.

En Agas was die vader van Jehóadda, en Jehóadda van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa.

En Agas was die vader van Jaëra, en Jaëra van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa;

Jedíael, die seun van Simri; en Joha, sy broer, die Tisiet;

En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

en uit die kinders van Elisáfan: Simri en Jeï-el; en uit die kinders van Asaf: Sagaría en Mattánja;