Skip to Content

"atália"

15 keer in AFR53

Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.

Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.

Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.

En hy was saam met haar in die huis van die HERE verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.

Toe Atália die stem van die hardlopers en van die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;

en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.

Twee en twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri.

Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar gereedgemaak en die hele koninklike geslag van die huis van Juda omgebring.

Maar Jósabat, die dogter van die koning, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring; en Jósabat, die dogter van koning Joram, die vrou van die priester Jójada--want sy was die suster van Ahásia--het hom vir Atália weggesteek, sodat sy hom nie gedood het nie.

En hy was by hulle in die huis van God ses jaar lank verborge, terwyl Atália oor die land regeer.

En toe Atália die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;

en toe sy die koning sien staan op sy verhoog by die ingang en die owerstes en die trompetblasers by die koning en dat die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, en die sangers met die musiekinstrumente, terwyl hulle die teken gee om lof te sing, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!

En die hele volk van die land was bly, en die stad was rustig. Maar hulle het Atália met die swaard gedood.

Want die goddelose Atália--haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van die HERE vir die Baäls gebruik.