"seëlring"
12 keer in AFR53
En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang
So waar as Ek leef, spreek die HERE, al was Gonja, die seun van Jójakim, koning van Juda, 'n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,
Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van Seáltiël, my kneg, spreek die HERE, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare.
Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die Jode.
Toe is die skrywers van die koning geroep in die eerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan die landvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal; in die naam van koning Ahasvéros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning.
En die koning het sy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mórdegai gegee; en Ester het Mórdegai aangestel oor die huis van Haman.
Skryf julle maar, wat die Jode betref, soos julle dit goedvind uit naam van die koning, en verseël dit met die seëlring van die koning; want 'n geskrif, in naam van die koning geskrywe en verseël met die seëlring van die koning, kan nie herroep word nie.