En toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het--soos hy met Jérigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen--en dat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,
Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na Jáfia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê: