Skip to Content

"saamgestuur"

4 keer in AFR53

En ek het by die goewerneurs gekom wes van die Eufraat en die briewe van die koning aan hulle gegee. Ook leërowerstes en perderuiters het die koning met my saamgestuur.

En ons het ook met hom die broeder saamgestuur wat lof het in die evangelie deur al die gemeentes.

En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur sy groot vertroue in julle.

Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie?