Skip to Content

"resj"

13 keer in AFR53

Resj. Aanskou, HERE, hoe benoud ek is, my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant het die swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.

Resj. Aanskou, HERE, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die HERE priester en profeet gedood word?

Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.

Resj. Die asem van ons neus, die gesalfde van die HERE, is in hulle kuile gevang, hy onder wie se skaduwee ons gedink het om te lewe onder die nasies.

Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.

Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat.

Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.

Resj. Ek het die goddelose gesien, 'n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos 'n groen inlandse boom.

Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.

Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.

Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.

Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.